Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 17:7-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. In die derde jaar van sy regering het hy sy prinse en die bevelvoerders van die weermag: `Ovadyah, Z’kharyah, N’tan’el en Mikhayahu gestuur om in die stede van Y’hudah onderrig te gee.

8. Saam met hulle was die Leviete: Sh’ma’yahu, N’tanyahu, Z’vadyahu, `Asah’el, Sh’miramot, Y’honatan, Adoniyahu, Tuviyahu en Tov-Adoniyah en saam met hulle Elishama en Y’horam, die priesters.

9. Hulle het in die hele land van Y’hudah onderrig gegee met die boek van die wet van יהוה by hulle en in al die stede van Y’hudah rondgegaan en die volk onderrig.

10. Die respekvolle vrees vir יהוה het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Y’hudah was sodat hulle nie teen Y’hoshafat oorlog gevoer het nie.

11. Van die stede van die F’lishtyne het vir Y’hoshafat geskenke, silwer en belasting gebring; die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: sewe duisend sewe honderd ramme en sewe duisend sewe honderd bokramme, jaarliks.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 17