Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 17:6-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Sy verstand, wil en emosie is versterk in die lewenswyses van יהוה en hy het verder die altare en die hoogtes uit Y’hudah se grondgebied uitgeruk.

7. In die derde jaar van sy regering het hy sy prinse en die bevelvoerders van die weermag: `Ovadyah, Z’kharyah, N’tan’el en Mikhayahu gestuur om in die stede van Y’hudah onderrig te gee.

8. Saam met hulle was die Leviete: Sh’ma’yahu, N’tanyahu, Z’vadyahu, `Asah’el, Sh’miramot, Y’honatan, Adoniyahu, Tuviyahu en Tov-Adoniyah en saam met hulle Elishama en Y’horam, die priesters.

9. Hulle het in die hele land van Y’hudah onderrig gegee met die boek van die wet van יהוה by hulle en in al die stede van Y’hudah rondgegaan en die volk onderrig.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 17