Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 15:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Toe Asa hierdie woorde wat `Azaryah, die seun van `Oded, die profeet gesê het, hoor, het hy moed geskep en al die afgode verwyder uit die hele land van Y’hudah en Binyamin en uit die stede wat hy in die land van Efrayim ingeneem het en hy het die altaar van יהוה wat voor die stoep van יהוה was, herstel.

9. Hy het die hele Y’hudah en Binyamin, asook die proseliete wat uit Efrayim en M’nasheh en uit Shim’on by hulle was, want hulle het in menigte uit Yisra’el na hom toe oorgeloop toe hulle sien dat יהוה, sy God, by hom was,

10. in Yerushalayim bymekaar laat kom in die derde maand van die vyftiende jaar van die regering van Asa

11. en op dieselfde dag aan יהוה geoffer van die buit wat hulle ingebring het, sewe honderd beeste en ses duisend skape.

12. Hulle het in ’n verbond getree om יהוה, die God van hulle vaders, met hul hele verstand, wil en emosie en met hul hele lewe te soekDeut 17:2-6

13. en dat wie ook al יהוה, die God van Yisra’el, nie soek nie, gedood sou word, klein of groot, man of vrou.

14. Hulle het tot יהוה gesweer met ’n harde stem en met die blaas van gedraaide en reguit trompette.

15. Die hele Y’hudah was verheug oor die verslag wat hulle gehoor het, want hulle het Hom gesoek met hulle hele verstand, wil en emosie en met hul hele lewe tot Hom gebid en Hy is deur hulle gevind en Hy het aan hulle rus gegee reg rondom.

16. Hy het ook vir Ma’akhah, die moeder van Asa afgesit as koninginsmoeder omdat sy ’n fees vir haar afgode gehad het en Asa het haar afgode afgekap en hulle by die spruit van Kidron verbrand.

17. Die altare op die hoë plekke is egter nie uit Yisra’el verwyder nie, nogtans was Asa se verstand, wil en emosie volmaak in die aanbidding van יהוה, sy God, al die dae van sy lewe.

18. Hy het alles wat sy vader en hyself afgesonder het, in die huis van יהוה ingebring: silwer, goud en allerhande voorwerpe.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 15