Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 15:14-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Hulle het tot יהוה gesweer met ’n harde stem en met die blaas van gedraaide en reguit trompette.

15. Die hele Y’hudah was verheug oor die verslag wat hulle gehoor het, want hulle het Hom gesoek met hulle hele verstand, wil en emosie en met hul hele lewe tot Hom gebid en Hy is deur hulle gevind en Hy het aan hulle rus gegee reg rondom.

16. Hy het ook vir Ma’akhah, die moeder van Asa afgesit as koninginsmoeder omdat sy ’n fees vir haar afgode gehad het en Asa het haar afgode afgekap en hulle by die spruit van Kidron verbrand.

17. Die altare op die hoë plekke is egter nie uit Yisra’el verwyder nie, nogtans was Asa se verstand, wil en emosie volmaak in die aanbidding van יהוה, sy God, al die dae van sy lewe.

18. Hy het alles wat sy vader en hyself afgesonder het, in die huis van יהוה ingebring: silwer, goud en allerhande voorwerpe.

19. Daar was geen oorlog tot in die vyf en dertigste jaar van die regering van Asa nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 15