Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 15:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die Gees van God het op `Azaryah, die seun van `Oded, gekom

2. en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en die hele Y’hudah en Binyamin! יהוה is by julle vir ewig en ewig en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind, maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

3. Vir ’n lang tyd het Yisra’el nie hulle God in waarheid gedien nie en nie die lerings van Sy priesters aanvaar of hulle wette gehoorsaam nie, is hulle daarom oorgegee in die hand van hul vyande.

4. Wanneer hulle egter in hul benoudheid tot יהוה, die God van Yisra’el, gebid en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.

5. In daardie vroeëre tye toe ons nie ons God gedien het nie, was daar geen vrede vir hom wat uit- of ingegaan het nie, as gevolg van groot teëspoed wat oor al die inwoners van die land gekom het

6. en ons is verstrooi onder elke nasie en volk en dorpe en stede

7. omdat ons ons God verlaat het en nie wou luister na die stem van Sy diensknegte, die profete nie, is ons daarom beloon volgens ons dade.”

8. Toe Asa hierdie woorde wat `Azaryah, die seun van `Oded, die profeet gesê het, hoor, het hy moed geskep en al die afgode verwyder uit die hele land van Y’hudah en Binyamin en uit die stede wat hy in die land van Efrayim ingeneem het en hy het die altaar van יהוה wat voor die stoep van יהוה was, herstel.

9. Hy het die hele Y’hudah en Binyamin, asook die proseliete wat uit Efrayim en M’nasheh en uit Shim’on by hulle was, want hulle het in menigte uit Yisra’el na hom toe oorgeloop toe hulle sien dat יהוה, sy God, by hom was,

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 15