Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 13:9-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Julle het die priesters, die seuns van Aharon en die Leviete uitgegooi en vir julleself priesters gemaak uit die volke van die lande. Wie ook al kom om ’n offer te bring, van hom vat julle ’n jong bul en sewe ramme en hy word ’n priester van wat nie gode is nie,

10. maar ons, ons het יהוה, ons God, nie verlaat nie en die priesters wat tot יהוה dien is seuns van Aharon en die Leviete dien soos hulle moet.

11. Hulle offer brandoffers tot יהוה elke oggend en elke aand, asook soet wierook en stel die brode van die Teenwoordigheid op op die rein tafel. Die goue kandelaar met sy lampe word elke aand opgesteek deur ’n jongman wat beheer het daaroor. So hou ons wag oor die instellings van יהוה, ons God.

12. Julle het Hom verlaat en agter dooie gode aangegaan en dien hulle en aanbid hulle en het יהוה, die God van julle vaders, verlaat; daarom sal julle nie voorspoedig wees in hierdie wêreld nie.”

13. Yarov’am het egter ’n hinderlaag agter hulle laat omgaan sodat hulle voor Y’hudah was en die hinderlaag agter hulle.

14. Toe Y’hudah agtertoe kyk, let op, was die geveg meteens voor en agter hulle en hulle het na יהוה uitgeroep en die priesters het op die trompette geblaas.

15. Dit het gebeur toe die manne van Y’hudah skreeu, het יהוה vir Yarov’am, seun van N’vat en die hele Yisra’el voor Aviyah en Y’hudah verslaan.

16. Die seuns van Yisra’el het gevlug voor Y’hudah.

17. Aviyah het hulle met ’n groot slag doodgemaak sodat van Yisra’el vyf honderd duisend jongmanne gesneuwel gelê het,

18. dus is die seuns van Yisra’el in dié tyd verslaan en die seuns van Y’hudah het oorwin omdat hulle gesê het: “Ons vertrou op יהוה, die God van ons vaders.”

19. Aviyah het Yarov’am agternagesit en groot stede van hom afgeneem: Beit-El met sy weivelde, Y’shanah met sy weivelde en `Efrayim met sy weivelde.

20. Yarov’am het ook nie weer sterk geword in die dae van Aviyah nie en יהוה het hom geslaan en hy het gesterf.

21. Aviyah het sterk geword en hy het veertien vroue getrou en daar is twee en twintig seuns en sestien dogters vir hom gebore.

22. Die res van die dade en lewe van Aviyah, let op, is opgeskryf in die gedigte van die profeet `Iddo.1 Kon 15:8-24

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 13