Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 12:2-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Dit het gebeur in die vyfde jaar van koning Regav’am dat Shishak, koning van Mitzrayim, teen Yerushalayim opgetrek het omdat hulle oortree het teen יהוה,

3. met een duisend tweehonderd strydwaens en sestig duisend perderuiters en die manskappe wat saam met hom uit Mitzrayim gekom het, was ontelbaar: Luvimiete, Sukki’iete en Kushiete.

4. Hy het die versterkte stede van Y’hudah ingeneem en tot by Yerushalayim gekom.

5. Toe kom Sh’ma’yah, die profeet, na Regav’am en die prinse van Y’hudah wat as gevolg van Shishak in Yerushalayim bymekaargekom het en sê vir hulle: “So sê יהוה: ‘Julle het My verlaat, Ek het julle daarom oorgegee in die hand van Shishak.’”

6. Hierop het die prinse van Yisra’el en die koning hulleself verneder en gesê: “יהוה is regverdig.”

7. Toe יהוה sien dat hulle hul verneder, kom die woord van יהוה tot Sh’ma’yah en sê: “Hulle het hulself verneder, Ek sal hulle daarom nie vernietig nie, maar vir hulle ’n bevryding voorsien en My woede sal nie deur middel van Shishak oor Yerushalayim uitgestort word nie.

8. Nogtans sal hulle sy diensknegte word sodat hulle My diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!”

9. Shishak, koning van Mitzrayim, het teen Yerushalayim opgetrek en die skatte van die huis van יהוה en die skatte van die huis van die koning weggevat; hy het alles weggevat; hy het ook die skilde van goud, wat Shlomo gemaak het, weggevat.

10. In die plek hiervan het koning Regav’am koper skilde gemaak en dit aan die bevelvoerder van die wag toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.

11. Wanneer die koning in die huis van יהוה ingaan, het die wag gekom en dit kom haal en dan weer teruggevat na die wagkamer.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 12