Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 10:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Regav’am het na Sh’khem gegaan, want die hele Yisra’el het na Sh’khem gekom om hom koning te maak.

2. Dit het gebeur, toe Yarov’am, die seun van N’vat en die hele Yisra’el, dit hoor,

3. hulle gekom het en vir Regav’am, die seun van Shlomo, gesê het:

4. “U vader het ons juk hard gemaak, verlig nou ietwat hierdie harde reëls van u vader en sy swaar juk wat hy op ons gelê het en ons sal u dien.”

5. Hy het vir hulle gesê: “Gaan weg en kom oor drie dae terug na my toe.” Die mense het weggegaan.

6. Koning Regav’am het beraadslaag met die oudstes wat sy vader, Shlomo, gedurende sy lewe gedien het en hy vra: “Watter raad gee julle my om ’n antwoord aan hierdie mense te gee?”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 10