Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 8:21-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Toe het Y’horam oorgegaan na Tza’ir en al sy strydwaens saam met hom. Hy het in die nag opgestaan en die Edomiete verslaan wat hom en die bevelvoerders van die strydwaens omsingel het, maar sy manne het na hulle tente gevlug.

22. So het die Edomiete teen Y’hudah in opstand gekom tot vandag toe. Toe het Livnah in dieselfde tyd in opstand gekom.

23. Die res van die dade van Y’horam en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

24. Y’horam is neergelê by sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid en sy seun, Agazyah, het in sy plek koning geword.2 Kro 22:1

25. In die elfde jaar van Y’horam, die seun van Ag’av, die koning van Yisra’el, het Agazyah, die seun van Y’horam, koning van Y’hudah, begin heers.

26. Agazyah was twee en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir een jaar in Yerushalayim regeer en die naam van sy moeder was `Atalyahu, die dogter van `Omri, koning van Yisra’el.

27. Hy het geloop in die lewenswyse van die huis van Ag’av en boos gedoen in die oë van יהוה, soos die huis van Ag’av, want hy was ’n skoonseun van die huis van Ag’av.

28. Toe het hy saam met Y’horam, die seun van Ag’av, in oorlog gegaan teen Haza’el, koning van Aram, by Ramot-Gil’ad en die Arameërs het Y’horam gewond.

29. Koning Y’horam het teruggekeer om in Yizre’el te herstel van die wonde wat die Arameërs hom toegedien het by Ramah toe hy teen Haza’el, koning van Aram baklei het. Agazyah, die seun van Y’horam, koning van Y’hudah, het afgegaan om Y’horam, die seun van Ag’av, in Yizre’el te besoek, want hy was siek.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 8