Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 6:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Die man van God het die koning van Yisra’el laat weet: “Pas op dat u nie deur daardie plek trek nie, want die Arameërs kom daar deur.”

10. Die koning van Yisra’el het na die plek gestuur waaroor die man van God met hom gepraat het; so het hy hom meer as een of twee keer gewaarsku sodat hy daar op sy hoede was.

11. Die verstand, wil en emosie van die koning van Aram was briesend hieroor en hy roep sy diensknegte en sê vir hulle: “Kan julle my vertel wie van ons vir die koning van Yisra’el is?”

12. Een van sy diensknegte antwoord: “Nee, my meester, o koning, Elisha, die profeet wat in Yisra’el is, vertel aan die koning van Yisra’el die woorde wat u in u slaapkamer praat.”

13. Hy het gesê: “Gaan kyk waar hy is sodat ek kan stuur en hom laat vang.” Dit is vir hom vertel en gesê: “Let op, hy is in Dotan.”

14. Hy het perde, strydwaens en ’n groot leër daarheen gestuur en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel.

15. Toe die lyfbediende van die man van God vroeg opgestaan en uitgegaan het, let op, het ’n leër met perde en strydwaens om die stad beweeg. Sy dienskneg sê vir hom: “Ag, my meester, wat sal ons doen?”

16. Hy antwoord: “Moenie vrees nie, want dié wat by ons is, is meer as dié wat by hulle is.”

17. Toe het Elisha gebid en gesê: “יהוה, ek bid, maak sy oë oop sodat hy kan sien.” יהוה het die dienskneg se oë oopgemaak en hy het gesien en let op, die berg was vol perde en strydwaens van vuur reg rondom Elisha.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 6