Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 24:10-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. In dié tyd het die diensknegte van N’vukhadnetzar, koning van Bavel, na Yerushalayim opgegaan en die stad is beleër.

11. N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het by die stad gekom terwyl sy diensknegte dit beleër het.

12. Y’hoyakhin, die koning van Y’hudah, het uitgegaan na die koning van Bavel, hy, sy moeder, sy dienaars, sy bevelvoerders en sy amptenare en die koning van Bavel het hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering.

13. Hy het al die skatte van die huis van יהוה en die skatte van die huis van die koning daarvandaan uitgedra en al die goud van die voorwerpe afgesny wat Shlomo, koning van Yisra’el, gemaak het in die tempel van יהוה, net soos יהוה gesê het.

14. Toe het hy die hele Yerushalayim, al die bevelvoerders, al die dapper magtige manne, tien duisend ballinge en al die vakmanne en die slotmakers weggevoer; niemand het oorgebly nie, behalwe die armste mense van die land.

15. Hy het Y’hoyakhin in ballingskap weggevoer na Bavel, asook die moeder van die koning, die vroue van die koning, sy amptenare, asook die heersende manne van die land het hy in ballingskap uit Yerushalayim na Bavel laat gaan.

16. Al die dapper manne, sewe duisend en die vakmanne en die slotmakers, een duisend, almal sterk en in staat om oorlog te maak; dié het die koning van Bavel in ballingskap na Bavel gebring.

17. Toe het die koning van Bavel Y’hoyakhin se oom, Mattanyah, in sy plek koning gemaak en sy naam verander na Tzidkiyahu.

18. Tzidkiyahu was een en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir elf jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Hamutal, die dogter van Yirmeyahu, van Livnah.

19. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה volgens alles wat Y’hoyakhin gedoen het,

20. want deur die woede van יהוה het dit in Yerushalayim en Y’hudah gebeur totdat Hy hulle uit Sy Teenwoordigheid weggegooi het. Tzidkiyahu het teen die koning van Bavel gerebelleer.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 24