Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 24:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In sy dae het N’vukhadnetzar, koning van Bavel, opgegaan en Y’hoyakim het vir drie jaar lank sy dienskneg geword; toe het hy omgedraai en teen hom gerebelleer.

2. יהוה het die bendes van die Kasdeërs, bendes van die Arameërs, bendes van die Mo’aviete en die bendes van die `Ammoniete teen hom gestuur. Hy het hulle teen Y’hudah gestuur om dit te vernietig volgens die woord van יהוה wat Hy deur Sy knegte, die profete, gepraat het.

3. Sekerlik het dit volgens die bevel van יהוה oor Y’hudah gekom, om hulle van Sy Teenwoordigheid te verwyder vanweë die sondes van M’nasheh, volgens alles wat hy gedoen het;

4. asook vir die onskuldige bloed wat hy vergiet het sodat hy Yerushalayim met onskuldige bloed gevul het en יהוה wou nie vergewe nie.

5. Die res van die dade van Y’hoyakim en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

6. Y’hoyakim is neergelê by sy vaders en sy seun Y’hoyakhin het in sy plek koning geword.

7. Die koning van Mitzrayim het nie weer uit sy land uitgekom nie, want die koning van Bavel het alles gevat wat aan die koning van Mitzrayim behoort het, vanaf die spruit van Mitzrayim tot by die Eufraatrivier.2 Kro 36:9-10

8. Y’hoyakhin was agttien jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir drie maande in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was N’gushta, die dogter van Elnatan, van Yerushalayim.

9. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, volgens alles wat sy vader gedoen het.

10. In dié tyd het die diensknegte van N’vukhadnetzar, koning van Bavel, na Yerushalayim opgegaan en die stad is beleër.

11. N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het by die stad gekom terwyl sy diensknegte dit beleër het.

12. Y’hoyakhin, die koning van Y’hudah, het uitgegaan na die koning van Bavel, hy, sy moeder, sy dienaars, sy bevelvoerders en sy amptenare en die koning van Bavel het hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering.

13. Hy het al die skatte van die huis van יהוה en die skatte van die huis van die koning daarvandaan uitgedra en al die goud van die voorwerpe afgesny wat Shlomo, koning van Yisra’el, gemaak het in die tempel van יהוה, net soos יהוה gesê het.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 24