Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 22:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yoshiyahu was agt jaar oud toe hy koning geword het en hy het een en dertig jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Y’didah, die dogter van `Adayah, vanaf Botzkat.

2. Hy het gedoen wat reg was in die oë van יהוה en in alles in die pad van sy vader, Dawid, geloop en nie regs of links afgedraai nie.

3. In die agttiende jaar van koning Yoshiyahu het die koning vir Shafan, die skrywer, die seun van Atzalyahu, die seun van Meshullam, na die huis van יהוה gestuur en gesê:

4. “Gaan op na Hilkiyahu, die hoofpriester en laat hy die geld tel wat in die huis van יהוה ingebring is, wat die deurwagters versamel het vanaf die volk.

5. Laat hulle dit oorhandig aan die werkers wat aangestel is oor die huis van יהוה en laat hulle dit aan die werkers gee, wat in die huis van יהוה is om die skade aan die huis te herstel,

6. aan die skrynwerkers, bouers en messelaars en om hout en gekapte klippe te koop om die huis te herstel.

7. Daar sal net geen boekhouding met hulle gedoen word oor die geld wat in hulle hand gegee is nie, want hulle handel getrou.”

8. Toe sê die hoofpriester Hilkiyahu vir Shafan, die skrywer: “Ek het die Boek van die Wet in die huis van יהוה gevind.” Hilkiyahu het die boek vir Shafan gegee, wat dit gelees het.

9. Shafan, die skrywer, het by die koning gekom en vir die koning woord gebring en gesê: “U diensknegte het die geld uitgehaal wat in die huis te vinde was en dit in die hande van die werkers wat aangestel is oor die huis van יהוה oorhandig.”

10. Meer nog, Shafan, die skrywer, het die koning vertel en gesê: “Hilkiyahu, die priester, het vir my ’n boek gegee.” Shafan het dit in die koning se teenwoordigheid gelees.

11. Toe die koning die woorde van die Boek van die Wet hoor, het hy sy klere geskeur.

12. Toe het die koning vir Hilkiyahu, die priester, Agikam, die seun van Shafan, `Akhbor, die seun van Mikhayah, Shafan, die skrywer en `Asayah, die dienskneg van die koning, beveel en gesê:

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 22