Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 21:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. M’nasheh was twaalf jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir vyf en vyftig jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Heftzibah.

2. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, volgens die gruwels van die nasies wat יהוה voor die seuns van Yisra’el onteien het,Deut 16:21

3. want hy het die hoë plekke weer herbou wat sy vader Hizkiyahu vernietig het en altare opgerig vir Ba’al en ’n Asherah gemaak, soos Ag’av, koning van Yisra’el, gedoen het en die hele leër van die hemel aanbid en hulle gedien.Deut 16:21; Yeg 43:8,9

4. Hy het altare gebou in die huis van יהוה, waarvan יהוה gesê het: “In Yerushalayim sal Ek My Karakter en Outoriteit (Naam) plaas.”Deut 16:21; Yeg 43:8,9

5. Hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in die twee voorhowe van die huis van יהוה.Deut 18:10; 2 Kro 33:6

6. Hy het sy seun deur die vuur laat gaan, heksery, waarsêery en voortekens gepraktiseer en mediums en spiritiste gebruik. Hy het baie boosheid gedoen in die oë van יהוה om Hom te tart.Deut 16:21; Yeg 43:8,9

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 21