Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 2:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur toe יהוה op die punt was om Eliyahu in ’n warrelwind na die hemel op te vat dat Eliyahu saam met Elisha vanaf Gilgal gegaan het.

2. Eliyahu het vir Elisha gesê: “Bly asseblief hier, want יהוה het my sover as Beit-El gestuur.” Elisha het egter gesê: “So waar as יהוה leef en uself leef, ek sal u nie verlaat nie!” Hulle het afgegaan na Beit-El.

3. Toe kom die profete-seuns wat in Beit-El was na Elisha toe uit en vra vir hom: “Weet u dat יהוה vandag u meester, wat oor u is, sal wegvat?” Hy antwoord: “Ja, ek weet; bly stil.”

4. Eliyahu sê vir hom: “Elisha, bly asseblief hier, want יהוה het my na Yerigo gestuur.” Hy het egter gesê: “Sowaar as יהוה leef en uself leef, ek sal u nie verlaat nie!” Hulle het in Yerigo aangekom.

5. Die profete-seuns wat in Yerigo was, het na Elisha toe gekom en vir hom gevra: “Weet u dat יהוה vandag u meester, wat oor u is, sal wegvat?” Hy antwoord: “Ja ek weet; bly stil.”

6. Toe sê Eliyahu vir hom: “Bly asseblief hier, want יהוה het my na die Yarden toe gestuur.” Hy sê: “Sowaar as יהוה leef en uself leef, ek sal u nie verlaat nie!” Die twee van hulle het voortgegaan.

7. Vyftig man van die profete-seuns het gegaan en op ’n afstand oorkant hulle gaan staan terwyl hulle twee by die Yarden staan.

8. Eliyahu vat sy mantel en vou dit bymekaar en slaan op die water en dit is na weerskante verdeel sodat hulle twee op droë grond oorgegaan het.

9. Nadat hulle oorgegaan het, sê Eliyahu vir Elisha: “Vra wat ek vir jou moet doen voordat ek van jou af weggevat word.” Elisha antwoord: “Laat asseblief ’n dubbele deel van u gees op my wees.”

10. Hy het gesê: “Jy het ’n harde ding gevra. Nogtans, as jy my sien wanneer ek van jou af weggevat word, sal dit so vir jou wees, maar indien nie, dan sal dit nie wees nie.”

11. Terwyl hulle loop en praat, let op: ’n strydwa van vuur, met perde van vuur, wat skeiding tussen hulle twee maak en Eliyahu het in ’n warrelwind na die hemel opgegaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 2