Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 19:6-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Yesha’yahu sê vir hulle: “So moet julle jul meester antwoord: ‘So spreek יהוה: “Moenie bang wees as gevolg van die woorde wat jy gehoor het nie, waarmee die diensknegte van die koning van Ashur kwaad van My gepraat het nie.

7. Let op, Ek sal ’n gees in hom sit sodat hy ’n gerug sal hoor en na sy eie land sal teruggaan en Ek sal hom in sy eie land deur die swaard laat val.”’”

8. Rav-Shakeh het teruggegaan en die koning van Ashur gekry terwyl hy besig was om te veg teen Livnah, want hy het gehoor dat die koning Lakhish verlaat het.

9. Toe hy hoor dat hulle aangaande Tirhakah, koning van Kush, sê: “Let op, hy het uitgekom om teen u te veg,” het hy weer boodskappers na Hizkiyahu gestuur en gesê:

10. “So moet julle vir Hizkiyahu, koning van Y’hudah, sê: ‘Moenie dat u God in wie u vertrou, u mislei deur te sê: “Yerushalayim sal nie in die hand van die koning van Ashur oorgegee word nie.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 19