Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 19:3-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hulle het vir hom gesê: “So sê Hizkiyahu: ‘Vandag is ’n dag van benoudheid, bestraffing en verwerping, want die kinders het gekom tot by die geboorte, maar daar is geen krag om gebore te word nie.

4. Miskien sal יהוה, u God, al die woorde hoor van Rav-Shakeh wat deur sy meester, die koning van Ashur, gestuur is om die lewende God te onteer en sal Hy die woorde bestraf wat יהוה, u God, gehoor het; bid daarom dan ‘n gebed vir die oorblyfsel wat oor is.’”

5. Die diensknegte van koning Hizkiyahu het by Yesha’yahu gekom,

6. Yesha’yahu sê vir hulle: “So moet julle jul meester antwoord: ‘So spreek יהוה: “Moenie bang wees as gevolg van die woorde wat jy gehoor het nie, waarmee die diensknegte van die koning van Ashur kwaad van My gepraat het nie.

7. Let op, Ek sal ’n gees in hom sit sodat hy ’n gerug sal hoor en na sy eie land sal teruggaan en Ek sal hom in sy eie land deur die swaard laat val.”’”

8. Rav-Shakeh het teruggegaan en die koning van Ashur gekry terwyl hy besig was om te veg teen Livnah, want hy het gehoor dat die koning Lakhish verlaat het.

9. Toe hy hoor dat hulle aangaande Tirhakah, koning van Kush, sê: “Let op, hy het uitgekom om teen u te veg,” het hy weer boodskappers na Hizkiyahu gestuur en gesê:

10. “So moet julle vir Hizkiyahu, koning van Y’hudah, sê: ‘Moenie dat u God in wie u vertrou, u mislei deur te sê: “Yerushalayim sal nie in die hand van die koning van Ashur oorgegee word nie.”

11. Let op, u het self gehoor wat die konings van Ashur aan al die lande gedoen het, deur hulle volkome te vernietig, dus, sal u gespaar word?

12. Het die gode van die nasies wat my vaders vernietig het, hulle gered; Gozan en Haran en Retzef en die seuns van `Eden wat in Tel’assar was?

13. Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die koning van die stad S’farvayim, van Hena en `Ivah?’”

14. Toe vat Hizkiyahu die brief uit die hand van die boodskappers en lees dit en hy het opgegaan na die huis van יהוה en dit voor die Teenwoordigheid van יהוה uitgesprei.

15. Hizkiyahu het voor die Teenwoordigheid van יהוה gebid en gesê: “יהוה, God van Yisra’el, wat op die troon sit bo die gérubs, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak!

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 19