Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 19:21-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Dit is die woord wat יהוה teen hom gepraat het: ‘Sy het jou verag en bespot, die maagdelike dogter van Tziyon; sy het haar kop agter jou geskud, die dogter van Yerushalayim.

22. Van wie het jy kwaad gepraat en onteer? Teen wie het jy jou stem verhef en jou oë hoogmoedig opgelig? Teen die Afgesonderde Een van Yisra’el!

23. Deur jou boodskappers het jy יהוה onteer en jy het gesê: ‘Met die menigte van my strydwaens het ék na die hoogtes van die berge opgekom, na die uithoeke van die L’vanon en ek het sy hoë seders, sy keur van sipresse, omgekap en deurgedring tot in sy diepste skuilhoeke, sy digste woude.

24. Ék het gegrawe en vreemde waters gedrink en met my voetsole droog ek al die rivierstrome van Mitzrayim op.’

25. Het jy dit nie gehoor nie? Lank gelede het Ek dit gedoen; van antieke tye af het Ek dit beplan. Nou het Ek dit laat gebeur sodat jy van versterkte stede puinhope sal maak;

26. daarom was hulle inwoners kort van krag, hulle was moedeloos en beskaamd; hulle was soos plante van die veld en soos die groen kruie, soos gras op die dakke verbrand word voordat dit opgegroei het,

27. maar Ek ken jou sit en jou uitgaan en jou ingaan en hoe jy teen My raas.

28. As gevolg van jou geraas teen My en omdat jou trotsheid opgekom het in My ore; daarom sal Ek My haak in jou neus sit en My toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.

29. Dan sal hierdie vir jou die teken wees: julle sal hierdie jaar eet wat vanself groei, in die tweede jaar wat van dieselfde af uitspruit en in die derde jaar, saai, oes, plant wingerde en eet hulle vrugte.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 19