Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 17:34-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. Tot vandag toe doen hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees יהוה nie en doen ook nie Sy instellings, Sy ordes, of die wet, of die opdragte wat יהוה die seuns van Ya’akov beveel het nie, wat Hy Yisra’el genoem het,

35. met wie יהוה ’n verbond gesluit en hulle beveel en gesê het: “Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie,

36. maar יהוה, wat julle uit Mitzrayim gebring het met groot krag en met ’n uitgestrekte arm, Hom moet julle respekvol vrees en voor Hom buig en aan Hom offer.

37. Die instellings en die ordes en die wet en die opdragte wat Hy vir julle neergeskryf het, moet julle oplet om vir altyd te doen en julle sal nie ander gode vrees nie.

38. “Die verbond wat Ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie en ook mag julle nie ander gode vrees nie,

39. maar julle moet יהוה, julle God, respekvol vrees en Hy sal julle bevry uit die hand van al julle vyande.”

40. Hulle het egter nie geluister nie en volgens hul vroeëre gebruike gedoen.

41. Terwyl hierdie nasies יהוה respekvol gevrees het, het hulle ook hulle afgode gedien; ook hulle kinders en hulle kleinkinders, soos hulle vaders gedoen het, so doen hulle tot vandag toe.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 17