Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 17:32-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Hulle het יהוה ook respekvol gevrees en vanuit hulleself vir hulle priesters van die hoë plekke aangestel wat vir hulle opgetree het in die huise van die hoë plekke.

33. Hulle het יהוה respekvol gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waaruit hulle weggevoer is.

34. Tot vandag toe doen hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees יהוה nie en doen ook nie Sy instellings, Sy ordes, of die wet, of die opdragte wat יהוה die seuns van Ya’akov beveel het nie, wat Hy Yisra’el genoem het,

35. met wie יהוה ’n verbond gesluit en hulle beveel en gesê het: “Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie,

36. maar יהוה, wat julle uit Mitzrayim gebring het met groot krag en met ’n uitgestrekte arm, Hom moet julle respekvol vrees en voor Hom buig en aan Hom offer.

37. Die instellings en die ordes en die wet en die opdragte wat Hy vir julle neergeskryf het, moet julle oplet om vir altyd te doen en julle sal nie ander gode vrees nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 17