Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 17:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die twaalfde jaar van Agaz, koning van Y’hudah, het Hoshea, die seun van Elah, in Shomron oor Yisra’el koning geword; nege jaar lank.

2. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, net nie soos die konings van Yisra’el wat voor hom was nie.

3. Shalman’eser, die koning van Ashur, het teen hom opgekom en Hoshea het sy dienskneg geword en aan hom belasting betaal,

4. maar die koning van Ashur het by Hoshea ’n sameswering ontdek, wat boodskappers na So, koning van Mitzrayim gestuur het en nie aan die koning van Ashur belasting betaal het soos elke jaar nie; die koning van Ashur het hom dus opgesluit en hom in die tronk vasgebind.

5. Toe het die koning van Ashur die hele land ingeneem en opgegaan na Shomron en dit drie jaar lank beleër.Hos 1:4

6. In die negende jaar van Hoshea het die koning van Ashur Shomron ingeneem en Yisra’el in ballingskap weggevoer na Ashur en hulle laat bly in Halag en Havor, by die rivier van Gozan en in die stede van die Mede.

7. Dit het gebeur omdat die seuns van Yisra’el gesondig het teen יהוה, hulle God, wat hulle uit die land van Mitzrayim, van onder die hand van Farao, koning van Mitzrayim, uit laat opgaan het en hulle ander gode gevrees het

8. en geleef het in die tradisies van die nasies, wat יהוה voor die kinders van Yisra’el uit verdryf het en van die konings van Yisra’el, wat dit ingestel het.Yeg 8:12 Meer nog, hulle het vir hulself hoë plekke gebou in al hulle stede, van wagtoring af tot versterkte stad.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 17