Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 15:32-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. In die tweede jaar van Pekag, die seun van Remalyah, koning van Yisra’el, het Yotam, die seun van `Uziyahu, koning van Y’hudah, koning geword.

33. Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir sestien jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Yerusha, die dogter van Tzadok.

34. Hy het gedoen wat reg was in die oë van יהוה; hy het alles gedoen volgens wat sy vader `Uziyahu gedoen het.

35. Net die hoë plekke is nie verwyder nie; die volk het steeds op die hoë plekke geoffer en wierook laat opgaan. Hy het die Boonste Poort van die huis van יהוה gebou.

36. Die res van die dade van Yotam en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

37. In daardie dae het יהוה begin om Retzin, koning van Aram en Pekag, die seun van Remalyah, teen Y’hudah te stuur.

38. Yotam is neergelê by sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van sy vader, Dawid en sy seun, Agaz, het in sy plek koning geword.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 15