Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 15:22-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Menagem is neergelê by sy vaders en P’kagyah, sy seun, het in sy plek koning geword.

23. In die vyftigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het P’kagyah, die seun van Menagem, in Shomron koning geword oor Yisra’el; twee jaar lank.

24. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.

25. Toe het Pekag, die seun van Remalyahu, sy adjudant, teen hom saamgesweer en hom in Shomron, in die vesting van die koning se huis geslaan, saam met Argov, Aryeh en vyftig man uit die Gil’adiete en hy het hom doodgemaak en in sy plek koning geword.

26. Die res van die dade van P’kagyah en alles wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.

27. In die twee en vyftigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Pekag, die seun van Remalyahu, in Shomron koning geword oor Yisra’el; twintig jaar lank.

28. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.

29. In die dae van Pekag, koning van Yisra’el, het Tiglat-Pil’eser, koning van Ashur, gekom en `Iyon, Avel-Beit-Ma’akhah, Yanoag, Kedesh, Hatzor, Gil’ad en die Galil ingeneem; die hele land van Naftali en hy het hulle in gevangeskap weggevoer na Ashur.

30. Hoshea, die seun van Elah, het ’n sameswering gesmee teen Pekag, die seun van Remalyah en hom geslaan en doodgemaak en in sy plek koning geword, in die tweede jaar van Yotam, die seun van `Uziyahu.

31. Die res van die dade van Pekag en alles wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el.’2 Kro 27:1-9

32. In die tweede jaar van Pekag, die seun van Remalyah, koning van Yisra’el, het Yotam, die seun van `Uziyahu, koning van Y’hudah, koning geword.

33. Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir sestien jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Yerusha, die dogter van Tzadok.

34. Hy het gedoen wat reg was in die oë van יהוה; hy het alles gedoen volgens wat sy vader `Uziyahu gedoen het.

35. Net die hoë plekke is nie verwyder nie; die volk het steeds op die hoë plekke geoffer en wierook laat opgaan. Hy het die Boonste Poort van die huis van יהוה gebou.

36. Die res van die dade van Yotam en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 15