Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 13:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. יהוה het aan Yisra’el ’n bevryder gegee sodat hulle van onder die mag van Aram uit ontsnap het en die seuns van Yisra’el het in hulle tente gebly soos vroeër.

6. Nogtans het hulle nie weggedraai van die sondes van die huis van Yarov’am waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie, maar daarin geloop en die Asherah het ook in Shomron bly staan.

7. Hy het vir Y’ho’agaz nie meer as vyftig perderuiters, tien strydwaens en tien duisend voetgangers van die leër laat oorbly nie, want die koning van Aram het hulle vernietig en hulle gemaak soos stof as gedors word.

8. Die res van die dade van Y’ho’agaz en alles wat hy gedoen het en sy mag, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

9. Y’ho’agaz is neergelê by sy vaders en hulle het hom in Shomron begrawe en Y’ho’ash, sy seun, het in sy plek koning geword.

10. In die sewe en dertigste jaar van Yo’ash, die koning van Y’hudah, het Y’ho’ash, die seun van Y’ho’agaz, koning geword oor Yisra’el in Shomron; sestien jaar lank.

11. Hy het gedoen wat boos was in die oë van יהוה; hy het nie weggedraai van al die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie, maar het daarin volhard.

12. Die res van die dade van Y’ho’ash en alles wat hy gedoen het en sy mag waarmee hy teen Amatzyah, koning van Y’hudah, geveg het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 13