Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 13:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die drie en twintigste jaar van Yo’ash, die seun van Agazyah, die koning van Y’hudah, het Y’ho’agaz, die seun van Yehu, koning geword oor Yisra’el in Shomron, sewentien jaar lank.

2. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה en agter die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het, aangeloop; hy het nie van hulle af weggedraai nie.

3. Die toorn van יהוה het teen Yisra’el ontbrand en Hy het hulle voortdurend oorgegee in die hand van Haza’el, koning van Aram en in die hand van Ben-Hadad, die seun van Haza’el.

4. Toe het Y’ho’agaz die guns van יהוה gesoek en יהוה het na hom geluister, want Hy het die verdrukking van Yisra’el gesien, hoe die koning van Aram hulle onderdruk.

5. יהוה het aan Yisra’el ’n bevryder gegee sodat hulle van onder die mag van Aram uit ontsnap het en die seuns van Yisra’el het in hulle tente gebly soos vroeër.

6. Nogtans het hulle nie weggedraai van die sondes van die huis van Yarov’am waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie, maar daarin geloop en die Asherah het ook in Shomron bly staan.

7. Hy het vir Y’ho’agaz nie meer as vyftig perderuiters, tien strydwaens en tien duisend voetgangers van die leër laat oorbly nie, want die koning van Aram het hulle vernietig en hulle gemaak soos stof as gedors word.

8. Die res van die dade van Y’ho’agaz en alles wat hy gedoen het en sy mag, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

9. Y’ho’agaz is neergelê by sy vaders en hulle het hom in Shomron begrawe en Y’ho’ash, sy seun, het in sy plek koning geword.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 13