Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 12:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die sewende jaar van Yehu het Yo’ash koning geword en hy het veertig jaar in Yerushalayim regeer en die naam van sy moeder was Tzivyah, van Be’er-Sh’va.

2. Yo’ash het gedoen wat reg was in die oë van יהוה, al sy dae waarin Y’hoyada, die priester, hom onderrig het.

3. Net die hoë plekke is nie weggevat nie; die volk het steeds geoffer en op die hoë plekke wierook laat opgaan.Eks 30:12-16

4. Toe het Yo’ash vir die priesters gesê: “Al die geld wat as toegewyde gawes in die huis van יהוה gebring word, die geld van elke man se waardebepaling en al die geld wat iemand se hart hom oortuig om in die huis van יהוה te bring,

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 12