Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 1:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Mo’av het teen Yisra’el rebelleer na die dood van Ag’av.

2. Agazyah het deur die traliewerk in sy bo-kamer, in Shomron, geval en siek geword. Hy het boodskappers gestuur en vir hulle gesê: “Gaan doen navraag by Ba’alZ’vuv, die god van `Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.”

3. Die boodskapperengel van יהוה het egter vir Eliyahu, die Tishbiet, gesê: “Staan op, gaan op om die boodskappers van die koning van Shomron te ontmoet en sê vir hulle: “Is dit omdat daar geen God in Yisra’el is nie dat julle gaan om navraag te doen by Ba’al-Z’vuv, die god van `Ekron?

4. יהוה sê daarom so: ‘Jy sal nie afkom van die bed waarop jy geklim het nie, maar jy sal sekerlik sterf.’” Toe gaan Eliyahu weg.

5. Toe die boodskappers na hom toe terugkeer, sê hy vir hulle: “Waarom kom julle terug?”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 1