Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 8:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Sy seuns het egter nie in sy weë geloop nie, maar het na oneerlike wins afgedraai en omkoopgeskenke ontvang en die reg verdraai.

4. Toe het al die oudstes van Yisra’el saam vergader en by Sh’mu’el gekom in Ramah

5. en vir hom gesê: “Let op, u het oud geword en u seuns loop nie in u weë nie. Stel nou soos al die nasies ’n koning oor ons aan om ons te rig.”

6. Dié ding was egter verkeerd in die oë van Sh’mu’el toe hulle gesê het: “Gee vir ons ’n koning om ons te rig,” en Sh’mu’el het tot יהוה gebid.

7. יהוה sê vir Sh’mu’el: “Luister na die stem van die volk in alles wat hulle vir jou sê, want hulle het jóu nie verwerp nie, maar hulle het Mý verwerp as Koning oor hulle.Deut 17:14-20

8. Soos al die dade wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Mitzrayim laat optrek het tot vandag toe deurdat hulle My verlaat en ander gode gedien het; so doen hulle ook aan jou.

9. Luister dan nou na hulle stem: jy moet hulle egter ernstig waarsku en hulle vertel van die werkswyse van die koning wat oor hulle sal regeer.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 8