Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 5:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. maar toe hulle die volgende oggend vroeg opstaan, let op, het Dagon op sy gesig op die grond voor die ark van יהוה geval en Dagon se kop en sy twee handpalms lê afgekap op die drumpel; net Dagon se lyf het vir hom oorgebly;

5. daarom trap die priesters van Dagon en almal wat in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon se huis in Ashdod nie.

6. Die hand van יהוה was swaar op die Ashdodiete en Hy het hulle geteister en hulle getref met gewasse, beide Ashdod en sy grondgebiede.

7. Toe die manne van Ashdod sien dat dit so is, sê hulle: “Die ark van die God van Yisra’el mag nie by ons bly nie, want Sy hand is swaar op ons en op Dagon, ons god.

8. Hulle het gegaan en al die meesters van die F’lishtyne by hulle bymekaar laat kom en gesê: “Wat moet ons met die ark van die God van Yisra’el doen?” Hulle het gesê: “Laat die ark van die God van Yisra’el gebring word na Gat.” Hulle het die ark van die God van Yisra’el gebring.

9. Nadat hulle dit oorgebring het, was die hand van יהוה teen die stad met ’n baie groot verwarring en Hy het die mense van die stad getref, beide jonk en oud sodat gewasse op hulle uitgebreek het.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 5