Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 3:16-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Toe het `Eli vir Sh’mu’el geroep en gesê: “Sh’mu’el, my seun!” Hy antwoord: “Hier is ek.”

17. Hy vra: “Wat is die boodskap wat Hy met jou gepraat het? Steek dit asseblief nie vir my weg nie. Mag God so aan jou doen en ook meer, as jy iets van al die woorde wat Hy met jou gepraat het, vir my wegsteek.”

18. Sh’mu’el het hom alles vertel en niks vir hom weggesteek nie. Hy het gesê: “Hy is יהוה; laat Hom doen wat Hy dink is goed.”

19. So het Sh’mu’el gegroei en יהוה was by hom en het nie een van Sy boodskappe onvervuld laat bly nie.

20. Die hele Yisra’el, vanaf Dan tot by Be’er-Sh’va het geweet dat Sh’mu’el bevestig is as ’n profeet van יהוה.

21. יהוה het weer verskyn in Shiloh, want יהוה het Hom openbaar aan Sh’mu’el in Shiloh deur die boodskap van יהוה.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 3