Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 2:5-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Die wat versadig was, het hulleself vir brood uitverhuur, maar die wat honger gehad het, het opgehou. Selfs die onvrugbare het aan sewe geboorte gegee, maar sy wat baie kinders het, kwyn weg.

6. יהוה maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal na Sh’ol en laat opstaan.

7. יהוה maak arm en ryk; Hy verneder, Hy verhoog ook.

8. Hy lig die arme op uit die stof, uit die ashoop lig Hy die behoeftige op, om hulle te laat sit by die edeles en ’n erestoel te laat erf, want aan יהוה behoort die pilare van die aarde en Hy het die wêreld daarop gevestig.

9. Hy bewaar die voete van Sy Godvresendes, maar die bose oortreders word stil gemaak in duisternis, want ’n mens sal nie deur krag oorleef nie.

10. Die wat met יהוה stry, sal verpletter word; teen hulle donder Hy in die hemele; יהוה sal die eindes van die aarde oordeel, Hy sal krag gee aan Sy koning en die horing van Sy gesalfde oplig.”

11. Toe het Elkanah na sy huis in Rama gegaan, maar die seun het tot יהוה bedien voor `Eli, die priester.

12. Nou, die seuns van `Eli was bose manne; hulle het nie ’n verbondsverhouding met יהוה gehad

13. of die priesters se gebruike met die mense geken nie. As enige iemand ’n offer gebring het, dan kom die dienskneg van die priester terwyl die vleis kook, met ’n drietand-vurk in sy hand

14. en steek dit in die kastrol, pot, pan of skottel; alles wat die vurk optrek, vat die priester vir homself. So het hulle in Shiloh gedoen met al die Yisra’eliete wat daarheen gekom het.

15. Ook, voordat hulle die vet verbrand, sal die dienskneg van die priester kom en aan die man wat offer sê: “Gee vir die priester vleis om te braai, want hy sal nie gekookte nie, maar net rou vleis van jou vat.”

16. As die man vir hom sê: “Hulle moet sekerlik eers die vet verbrand, vat dan soveel as wat jy begeer,” dan sal hy sê: “Nee, maar jy moet dit nou gee en so nie sal ek dit met geweld vat.”

17. So was die sonde van die jongmanne baie groot voor יהוה, want die manne het die offer aan יהוה verag.

18. Sh’mu’el het as seun bedien voor die Teenwoordigheid van יהוה, omgord met ’n linne skouerkleed.

19. Sy moeder het jaar na jaar vir hom ’n klein kledingtukkie gemaak en dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man opgaan om die jaarlikse offer te bring.

20. Dan sal `Eli vir Elkanah en sy vrou seën en sê: “Mag יהוה jou seuns gee uit hierdie vrou in die plek van die een wat sy aan יהוה toegewy het.” Hulle het na hulle huis toe gegaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 2