Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 2:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Hannah gebid en gesê: “My verstand, wil en emosie juig in יהוה, my horing is opgelig in יהוה, my mond praat vrymoediglik teen my vyande, want ek verheug my in U verlossing.

2. Daar is niemand afgesonderd soos יהוה nie; inderdaad, daar is niemand buiten U en ook is daar geen Rots soos ons God nie.

3. Moenie meer so trots grootpraat nie; moenie dat arrogansie uit julle mond kom nie, want יהוה is ’n God van kennis en by Hom word die dade geweeg.

4. Die boë van die magtiges is verbreek, maar die swakkes is met krag omgord.

5. Die wat versadig was, het hulleself vir brood uitverhuur, maar die wat honger gehad het, het opgehou. Selfs die onvrugbare het aan sewe geboorte gegee, maar sy wat baie kinders het, kwyn weg.

6. יהוה maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal na Sh’ol en laat opstaan.

7. יהוה maak arm en ryk; Hy verneder, Hy verhoog ook.

8. Hy lig die arme op uit die stof, uit die ashoop lig Hy die behoeftige op, om hulle te laat sit by die edeles en ’n erestoel te laat erf, want aan יהוה behoort die pilare van die aarde en Hy het die wêreld daarop gevestig.

9. Hy bewaar die voete van Sy Godvresendes, maar die bose oortreders word stil gemaak in duisternis, want ’n mens sal nie deur krag oorleef nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 2