Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 18:17-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Toe het Sha’ul vir Dawid gesê: “Hier is my oudste dogter, Merav, ek sal haar vir jou as vrou gee; wees net ’n dapper man vir my en veg die oorloë van יהוה,” want Sha’ul het gedink: “My hand sal nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die F’lishtyne teen hom wees.”

18. Dawid het egter vir Sha’ul gesê: “Wie is ek en wat is my lewe of my vader se familie in Yisra’el dat ek die koning se skoonseun sou wees?”

19. So het dit gebeur teen die tyd dat Merav, die dogter van Sha’ul, vir Dawid gegee moes word, dat sy vir Adri’el, die Megolati, as vrou gegee is.

20. Mikhal, Sha’ul se dogter, het Dawid liefgehad. Toe hulle dit vir Sha’ul vertel, het hy dit goedgekeur.

21. Sha’ul het gedink: “Ek sal haar vir hom gee dat sy vir hom ’n strik kan wees en dat die hand van die F’lishtyne teen hom kan wees.” Sha’ul het daarom vir Dawid gesê: “Jy kan vir die tweede keer my skoonseun word, op hierdie dag!”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 18