Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 15:7-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Sha’ul het die `Amalekiete vanaf Havilah, op pad na Shur, wat oos is van Mitzrayim, verslaan.

8. Hy het Agag, die koning van `Amalek, lewendig gevang en al die mense deur die skerpte van die swaard vernietig.

9. Sha’ul en die manne het egter vir Agag, die beste van die kleinvee en beeste, die vetgemaaktes, die lammers en alles wat goed was, gespaar en was nie gewillig om hulle volledig te vernietig nie, maar alles wat veragtelik en waardeloos was, dit het hulle volledig vernietig.

10. Toe het die woord van יהוה tot Sh’mu’el gekom en gesê:

11. “Ek is spyt dat Ek Sha’ul koning gemaak het, want hy het weggedraai daarvan om My te volg en het nie My opdragte uitgevoer nie.” Sh’mu’el was ontsteld en het die hele nag deur na יהוה uitgeroep.

12. Sh’mu’el het vroeg die oggend opgestaan om Sha’ul te ontmoet en dit is vir Sh’mu’el vertel en gesê: “Sha’ul het na Karmel gekom en let op, hy het vir homself ’n gedenkteken opgerig en toe gedraai en aangegaan af na Gilgal.”

13. Sh’mu’el het by Sha’ul gekom en Sha’ul sê vir hom: “Geseënd is u deur יהוה! Ek het die opdrag van יהוה uitgevoer.”

14. Sh’mu’el sê egter: “Wat is dan hierdie geblêr van kleinvee in my ore en ’n gebulk van beeste wat ek hoor?”

15. Sha’ul sê: “Hulle het dit van die `Amalekiete af gebring, want die manne het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan יהוה, u God, te offer, maar die res het ons volledig vernietig.”

16. Toe sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “Wag en laat ek jou vertel wat יהוה laasnag vir my gesê het.” Hy sê vir hom: “Praat!”

17. Sh’mu’el sê: “Is dit nie waar nie, alhoewel jy klein was in jou eie oë, is jy die hoof van die stamme van Yisra’el? יהוה het jou as koning oor Yisra’el gesalf

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 15