Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 15:13-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Sh’mu’el het by Sha’ul gekom en Sha’ul sê vir hom: “Geseënd is u deur יהוה! Ek het die opdrag van יהוה uitgevoer.”

14. Sh’mu’el sê egter: “Wat is dan hierdie geblêr van kleinvee in my ore en ’n gebulk van beeste wat ek hoor?”

15. Sha’ul sê: “Hulle het dit van die `Amalekiete af gebring, want die manne het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan יהוה, u God, te offer, maar die res het ons volledig vernietig.”

16. Toe sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “Wag en laat ek jou vertel wat יהוה laasnag vir my gesê het.” Hy sê vir hom: “Praat!”

17. Sh’mu’el sê: “Is dit nie waar nie, alhoewel jy klein was in jou eie oë, is jy die hoof van die stamme van Yisra’el? יהוה het jou as koning oor Yisra’el gesalf

18. en יהוה het jou op ’n missie gestuur en gesê: ‘Gaan en vernietig die sondaars, die `Amalekiete, volkome en veg teen hulle totdat hulle uitgewis is.’

19. Waarom het jy nie die stem van יהוה gehoorsaam nie, maar op die buit afgestorm en gedoen wat boos is in die oë van יהוה?”

20. Toe sê Sha’ul vir Sh’mu’el: “Ek het die stem van יהוה gehoorsaam en op die missie gegaan waarop יהוה my gestuur het en Agag, die koning van `Amalek, terug- gebring en die `Amalekiete volledig vernietig,

21. maar die manne het sommige van die buit, kleinvee en beeste, die beste van die goed toegewy tot vernietiging, gevat om aan יהוה, u God, in Gilgal te offer.”Ps 40:7; Ps 51:18-21; Hos 6:6; Mat 9:13; Mat 12:7

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 15