Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 15:10-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Toe het die woord van יהוה tot Sh’mu’el gekom en gesê:

11. “Ek is spyt dat Ek Sha’ul koning gemaak het, want hy het weggedraai daarvan om My te volg en het nie My opdragte uitgevoer nie.” Sh’mu’el was ontsteld en het die hele nag deur na יהוה uitgeroep.

12. Sh’mu’el het vroeg die oggend opgestaan om Sha’ul te ontmoet en dit is vir Sh’mu’el vertel en gesê: “Sha’ul het na Karmel gekom en let op, hy het vir homself ’n gedenkteken opgerig en toe gedraai en aangegaan af na Gilgal.”

13. Sh’mu’el het by Sha’ul gekom en Sha’ul sê vir hom: “Geseënd is u deur יהוה! Ek het die opdrag van יהוה uitgevoer.”

14. Sh’mu’el sê egter: “Wat is dan hierdie geblêr van kleinvee in my ore en ’n gebulk van beeste wat ek hoor?”

15. Sha’ul sê: “Hulle het dit van die `Amalekiete af gebring, want die manne het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan יהוה, u God, te offer, maar die res het ons volledig vernietig.”

16. Toe sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “Wag en laat ek jou vertel wat יהוה laasnag vir my gesê het.” Hy sê vir hom: “Praat!”

17. Sh’mu’el sê: “Is dit nie waar nie, alhoewel jy klein was in jou eie oë, is jy die hoof van die stamme van Yisra’el? יהוה het jou as koning oor Yisra’el gesalf

18. en יהוה het jou op ’n missie gestuur en gesê: ‘Gaan en vernietig die sondaars, die `Amalekiete, volkome en veg teen hulle totdat hulle uitgewis is.’

19. Waarom het jy nie die stem van יהוה gehoorsaam nie, maar op die buit afgestorm en gedoen wat boos is in die oë van יהוה?”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 15