Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 15:1-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “יהוה het my gestuur om jou as koning te salf oor sy volk, oor Yisra’el; luister en doen daarom nou die woorde van יהוה.Deut 25:17-19 terwyl hy uit Mitzrayim uit gekom het.

2. So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Ek sal `Amalek straf vir wat hy aan Yisra’el gedoen het, hoe hy homself teen hom gestel het op die pad

3. Gaan nou en verslaan `Amalek en vernietig alles heeltemal wat hy het en moet hom nie spaar nie, maar maak dood beide man en vrou, kind en suigeling, bees en kleinvee, kameel en donkie.”

4. Toe het Sha’ul die manne bymekaargeroep en hulle getel in T’la’im: twee honderd duisend voetsoldate en tien duisend man van Y’hudah.

5. Sha’ul het by die stad van `Amalek gekom en ’n hinderlaag in die vallei opgestel.Rig 1:16

6. Sha’ul het vir die Keiniete gesê: “Gaan weg, vertrek, gaan uit onder die `Amalekiete uit sodat ek julle nie saam met hulle vernietig nie, want julle het goedgunstigheid gewys aan al die seuns van Yisra’el toe hulle vanuit Mitzrayim op gekom het.” Die Keiniete het van onder die `Amalekiete uit weggetrek.

7. Sha’ul het die `Amalekiete vanaf Havilah, op pad na Shur, wat oos is van Mitzrayim, verslaan.

8. Hy het Agag, die koning van `Amalek, lewendig gevang en al die mense deur die skerpte van die swaard vernietig.

9. Sha’ul en die manne het egter vir Agag, die beste van die kleinvee en beeste, die vetgemaaktes, die lammers en alles wat goed was, gespaar en was nie gewillig om hulle volledig te vernietig nie, maar alles wat veragtelik en waardeloos was, dit het hulle volledig vernietig.

10. Toe het die woord van יהוה tot Sh’mu’el gekom en gesê:

11. “Ek is spyt dat Ek Sha’ul koning gemaak het, want hy het weggedraai daarvan om My te volg en het nie My opdragte uitgevoer nie.” Sh’mu’el was ontsteld en het die hele nag deur na יהוה uitgeroep.

12. Sh’mu’el het vroeg die oggend opgestaan om Sha’ul te ontmoet en dit is vir Sh’mu’el vertel en gesê: “Sha’ul het na Karmel gekom en let op, hy het vir homself ’n gedenkteken opgerig en toe gedraai en aangegaan af na Gilgal.”

13. Sh’mu’el het by Sha’ul gekom en Sha’ul sê vir hom: “Geseënd is u deur יהוה! Ek het die opdrag van יהוה uitgevoer.”

14. Sh’mu’el sê egter: “Wat is dan hierdie geblêr van kleinvee in my ore en ’n gebulk van beeste wat ek hoor?”

15. Sha’ul sê: “Hulle het dit van die `Amalekiete af gebring, want die manne het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan יהוה, u God, te offer, maar die res het ons volledig vernietig.”

16. Toe sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “Wag en laat ek jou vertel wat יהוה laasnag vir my gesê het.” Hy sê vir hom: “Praat!”

17. Sh’mu’el sê: “Is dit nie waar nie, alhoewel jy klein was in jou eie oë, is jy die hoof van die stamme van Yisra’el? יהוה het jou as koning oor Yisra’el gesalf

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 15