Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 14:22-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Toe al die manne van Yisra’el, wat hulself in die bergland van Efrayim weggesteek het, hoor dat die F’lishtyne gevlug het, het selfs ook hulle hul in die geveg agternagesit.

23. So het יהוה Yisra’el op dié dag bevry en die geveg het verby Beit-Aven versprei.

24. Die manne van Yisra’el is hard gedryf op daardie dag, want Sha’ul het die manne onder eed geplaas en gesê: “Vervloek is die man wat iets eet voor die aand en totdat ek myself op my vyande gewreek het.” Nie een van die manne het aan iets geproe nie.

25. Almal van die land het die bos ingegaan en daar was heuning op die grond.

26. Toe die manne in die bos ingaan, let op, was daar ’n oorvloed van heuning, maar niemand het sy hand aan sy mond gesit nie omdat die manne bang was vir die eed.

27. Y’honatan het egter nie gehoor toe sy vader die manne onder eed geplaas het nie; daarom het hy die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in ’n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gesit en sy oë het verhelder.

28. Toe sê een van die manne: “Jou vader het die manne streng onder eed geplaas: ‘Vervloek is die man wat vandag kos eet.’ Die manne was uitgeput.

29. Toe sê Y’honatan: “My vader maak moeilikheid vir die land. Kyk nou hoe my oë opgehelder het omdat ek ’n bietjie van hierdie heuning geproe het.

30. Hoeveel te meer, as die manne net vandag vrylik kon eet van die buit van hul vyande wat hulle gevind het, want nou is die slagting onder die F’lishtyne nie groot nie.”

31. Hulle het die F’lishtyne daardie dag van Mikhmas af tot by Ayalon neergeslaan en die manne was baie uitgeput.Gen 9:4

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 14