Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 13:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Toe die manne van Yisra’el sien dat hulle in die nood is, want die volk was in benoudheid, het die mense weggekruip in grotte, doringbosse, in kranse, in kelders en in kuile.

7. Sommige van die Hebreërs het ook oor die Yarden gegaan na die land van Gad en Gil’ad, maar Sha’ul was steeds in Gilgal en al die manne wat hom bewend gevolg het.

8. Hy het sewe dae lank gewag, volgens die vasgestelde tyd wat Sh’mu’el bepaal het, maar Sh’mu’el het nie na Gilgal gekom nie en die manne het van hom af verstrooid geraak.

9. Sha’ul het gesê: “Bring die brandoffer en die vredesoffers na my toe.” Hy het die brandoffer geoffer.

10. Net toe hy die brandoffer klaar geoffer het, let op, het Sh’mu’el gekom en Sha’ul het uitgegaan om hom te ontmoet en hom te groet.

11. Sh’mu’el sê egter: “Wat het jy gedoen?” Sha’ul sê: “Omdat ek gesien het dat die manne van my af verstrooid raak en dat u nie kom in die vasgestelde dae nie en dat die F’lishtyne in Mikhmas bymekaarkom,

12. het ek daarom gesê: ‘Nou sal die F’lishtyne afkom teen my in Gilgal en ek het nie die guns van יהוה gevra nie.’ Ek het myself geforseer en die brandoffer gebring.”

13. Sh’mu’el sê vir Sha’ul: “Jy het dwaas opgetree; jy het nie die opdrag van יהוה, jou God, wat Hy jou beveel het, gehou nie, want nou sou יהוה jou koningskap oor Yisra’el vir altyd bevestig het,

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 13