Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 13:20-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Al die Yisra’eliete moes daarom na die F’lishtyne afgaan om elkeen sy ploegskaar, sy pik, sy byl of sy skoffel skerp te maak.

21. Die prys was twee-derdes van ’n sikkel vir die ploegskare, die pikke, die vurke, die byle en om die skoffels reg te maak.

22. So het dit gekom op die dag van die geveg dat daar geen swaard of spies te vinde was in die hande van enige van die manne wat by Sha’ul en Y’honatan was nie, maar wel by Sha’ul en sy seun Y’honatan.

23. Die garnisoen van die F’lishtyne het uitgegaan na die pas van Mikhmas.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 13