Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 13:13-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Sh’mu’el sê vir Sha’ul: “Jy het dwaas opgetree; jy het nie die opdrag van יהוה, jou God, wat Hy jou beveel het, gehou nie, want nou sou יהוה jou koningskap oor Yisra’el vir altyd bevestig het,

14. maar nou sal jou koningskap nie voortbestaan nie. יהוה het vir Hom ’n man volgens Sy eie verstand, wil en emosie uitgesoek en יהוה het hom as heerser oor sy mense aangestel omdat jy nie gehou het wat יהוה jou beveel het nie.”

15. Toe het Sh’mu’el opgestaan en opgegaan van Gilgal na Givah-Binyamin en Sha’ul het die manne wat by hom was getel, omtrent ses honderd man.

16. Sha’ul, sy seun Y’honatan en die manne wat by hulle aanwesig was, het in Geva in Binyamin gebly terwyl die F’lishtyne by Mikhmas gekamp het

17. en die roofkommandos het vanaf die kamp van die F’lishtyne gekom in drie afdelings: een afdeling het weggedraai in die rigting van `Ofrah, na die land van Shu’al toe

18. en ’n ander afdeling het weggedraai in die rigting van Beit-Horon en ’n ander afdeling het weggedraai in die rigting van die grens wat oor die vallei van Tzvo’im na die woestyn uitkyk.

19. Geen smid was te vinde in die hele land van Yisra’el nie, want die F’lishtyne het gesê: “Anders sal die Hebreërs swaarde of spiese maak.”

20. Al die Yisra’eliete moes daarom na die F’lishtyne afgaan om elkeen sy ploegskaar, sy pik, sy byl of sy skoffel skerp te maak.

21. Die prys was twee-derdes van ’n sikkel vir die ploegskare, die pikke, die vurke, die byle en om die skoffels reg te maak.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 13