Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 13:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Sh’mu’el sê egter: “Wat het jy gedoen?” Sha’ul sê: “Omdat ek gesien het dat die manne van my af verstrooid raak en dat u nie kom in die vasgestelde dae nie en dat die F’lishtyne in Mikhmas bymekaarkom,

12. het ek daarom gesê: ‘Nou sal die F’lishtyne afkom teen my in Gilgal en ek het nie die guns van יהוה gevra nie.’ Ek het myself geforseer en die brandoffer gebring.”

13. Sh’mu’el sê vir Sha’ul: “Jy het dwaas opgetree; jy het nie die opdrag van יהוה, jou God, wat Hy jou beveel het, gehou nie, want nou sou יהוה jou koningskap oor Yisra’el vir altyd bevestig het,

14. maar nou sal jou koningskap nie voortbestaan nie. יהוה het vir Hom ’n man volgens Sy eie verstand, wil en emosie uitgesoek en יהוה het hom as heerser oor sy mense aangestel omdat jy nie gehou het wat יהוה jou beveel het nie.”

15. Toe het Sh’mu’el opgestaan en opgegaan van Gilgal na Givah-Binyamin en Sha’ul het die manne wat by hom was getel, omtrent ses honderd man.

16. Sha’ul, sy seun Y’honatan en die manne wat by hulle aanwesig was, het in Geva in Binyamin gebly terwyl die F’lishtyne by Mikhmas gekamp het

17. en die roofkommandos het vanaf die kamp van die F’lishtyne gekom in drie afdelings: een afdeling het weggedraai in die rigting van `Ofrah, na die land van Shu’al toe

18. en ’n ander afdeling het weggedraai in die rigting van Beit-Horon en ’n ander afdeling het weggedraai in die rigting van die grens wat oor die vallei van Tzvo’im na die woestyn uitkyk.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 13