Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 13:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Sha’ul aan die begin van twee jaar in sy koninkryk oor Yisra’el geheers het,

2. het Sha’ul vir hom drie duisend man uit Yisra’el gekies, waarvan twee duisend by Sha’ul in Mikhmas en op die bergland van Beit-El was terwyl ’n duisend by Y’honatan in Giv’ah-Binyamin was, maar hy het die res van die mense weggestuur, elkeen na sy tent.

3. Y’honatan het die garnisoen van die F’lishtyne, wat in Geva was, verslaan en die F’lishtyne het daarvan gehoor. Toe het Sha’ul die ramshoring reg deur die land geblaas en gesê: “Laat die Hebreërs dit hoor!”

4. Die hele Yisra’el het die nuus gehoor dat Sha’ul die garnisoen van die F’lishtyne verslaan het en ook dat Yisra’el haatlik geword het vir die F’lishtyne. Die manne is toe opgeroep na Sha’ul by Gilgal.

5. Die F’lishtyne het bymekaargekom om teen Yisra’el te veg; drie duisend strydwaens en ses duisend perderuiters en manne in menigte soos die sand wat op die seestrand is en hulle het opgekom en kamp opgeslaan by Mikhmas, oos van Beit-Aven.

6. Toe die manne van Yisra’el sien dat hulle in die nood is, want die volk was in benoudheid, het die mense weggekruip in grotte, doringbosse, in kranse, in kelders en in kuile.

7. Sommige van die Hebreërs het ook oor die Yarden gegaan na die land van Gad en Gil’ad, maar Sha’ul was steeds in Gilgal en al die manne wat hom bewend gevolg het.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 13