Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 1:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar was ’n sekere man uit Ramatayim-Tzofim, van die Bergland van Efrayim en sy naam was Elkanah, die seun van Yerogam, die seun van Elihu, die seun van Togu, die seun van Tzuf, van Efrayim.

2. Hy het twee vroue gehad; die naam van die een was Hannah en die naam van die ander was P’ninah. P’ninah het kinders gehad, maar Hannah het geen kinders gehad nie.

3. Dié man het elke jaar opgegaan uit sy stad om op sy gesig neer te buig en aan יהוהTzva’ot (יהוה van die leërmag) te offer in Shiloh, waar die twee seuns van `Eli, Hofni en Pingas, priesters van יהוה was.

4. Wanneer die dag kom dat Elkanah geoffer het, het hy vir sy vrou P’ninah en al haar seuns en haar dogters ’n porsie gegee,

5. maar aan Hannah het hy ’n dubbele porsie gegee, want hy het Hannah liefgehad, maar יהוה het haar baarmoeder gesluit.

6. Haar mededingster het haar egter bitterlik geterg om haar te irriteer omdat יהוה haar baarmoeder gesluit het.

7. Dit het jaar na jaar gebeur, elke keer as sy opgaan na die huis van יהוה, het sy haar geterg; sy het dan gehuil en wou nie eet nie.

8. Dan sê haar man, Elkanah, vir haar: “Hannah, waarom huil jy en waarom eet jy nie en waarom is jou binneste treurig? Is ek nie vir jou beter as tien seuns nie?”

9. Hannah het opgestaan nadat hulle geëet en gedrink het in Shiloh en na die Huis van יהוה gegaan. `Eli, die priester, het op die stoel by die deurpos van die tempel van יהוה gesit.

10. Sy het, baie bedroef, tot יהוה gebid en bitterlik gehuil.Lev 27; Num 3:43-45 van sy lewe en ’n skeermes sal nooit op sy kop kom nie.”Rig 13:4,5

11. Sy het ’n gelofte gedoen en gesê: “יהוה-Tzva’ot, as U waarlik die ellende van U diensmaagd raaksien en my onthou en U diensmaagd nie vergeet nie, maar U diensmaagd ’n seun gee, dan sal ek hom aan יהוה gee al die dae

12. Dit het gebeur terwyl sy aanhou bid voor יהוה dat `Eli haar mond dophou.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 1