Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 9:31-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. Mattityah, een van die Leviete, wat die eersgeborene van Shallum was, is toevertrou met die taak van die bakkery.

32. Sommige van die nageslag van K’hati, was oor die broers en die brode van die Teenwoordigheid, om dit elke Shabbat voor te berei.

33. Hierdie was die bedienaars, hoofde van die vaders van die Leviete, wat waggehou het oor die kamers rondom die tempel, want hulle was dag en nag oor die werk.

34. Hierdie is die hoofde van die vaders van die Leviete, volgens hulle geslagte; hulle het in Yerushalayim gebly.

35. In Giv’on het die vader van Giv’on gewoon en die naam van sy eersgeborene was Ye’i’el en die naam van sy vrou was Ma’akhah.

36. Sy tweede seun was `Avdon en dan Tzur, Kish, Ba’al, Ner, Nadav,

37. G’dor, Agyo, Z’kharyah en Miklot.

38. Miklot was die vader van Shim’am en hulle het saam met hulle broers in Yerushalayim gebly, oorkant hulle.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 9