Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 9:30-44 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Sommige van die seuns van die priesters het die wierook vir die houers voorberei en geskenke is deur die Leviete gegee.

31. Mattityah, een van die Leviete, wat die eersgeborene van Shallum was, is toevertrou met die taak van die bakkery.

32. Sommige van die nageslag van K’hati, was oor die broers en die brode van die Teenwoordigheid, om dit elke Shabbat voor te berei.

33. Hierdie was die bedienaars, hoofde van die vaders van die Leviete, wat waggehou het oor die kamers rondom die tempel, want hulle was dag en nag oor die werk.

34. Hierdie is die hoofde van die vaders van die Leviete, volgens hulle geslagte; hulle het in Yerushalayim gebly.

35. In Giv’on het die vader van Giv’on gewoon en die naam van sy eersgeborene was Ye’i’el en die naam van sy vrou was Ma’akhah.

36. Sy tweede seun was `Avdon en dan Tzur, Kish, Ba’al, Ner, Nadav,

37. G’dor, Agyo, Z’kharyah en Miklot.

38. Miklot was die vader van Shim’am en hulle het saam met hulle broers in Yerushalayim gebly, oorkant hulle.

39. Ner was die vader van Kish en Kish van Sha’ul en Sha’ul van Y’honatan, Malkishua, Avinadav en Eshba’al.

40. Die seun van Y’honatan was M’riv-Ba’al en M’riv-Ba’al was die vader van Mikhah.

41. Die seuns van Mikhah was: Piton, Melekh en Ta’rea.

42. Agaz was die vader van Y’ho’adah en Y’ho’adah van `Alemet, `Azmawet en Zimri; Zimri was die vader van Motza;

43. Motza was die vader van Bin’a; sy seun was Rafah; sy seun El’asah, sy seun Atzel.

44. Atzel het ses seuns gehad en dít is hulle name: `Azrikam, sy eersgeborene, Bokhru, die tweede, Yishma’el, Sh’aryah, `Ovadyah en Hanan; hulle was die seuns van Atzel.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 9