Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 5:5-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. sy seun Mikhah, sy seun Re’ayah, sy seun Ba’al,2 Kon 15:29

6. sy seun Be’erah, vir wie Tilgat-Piln’eser, koning van Ashur, in ballingskap weggevoer het; hy was die prins van die stam van die Re’uveniete.

7. Sy broers volgens hulle families, toe die geslagsregister van hulle nageslagte bereken is: Ye’i’el, die leier en Z’kharyah, tweede in bevel,

8. Bela, die seun van `Azaz, die seun van Sh’ma, die seun van Yo’el, wat in `Aro’er, tot by N’vo en die vlakte van Me’on gebly het.

9. Ooswaarts het hy tot by die grens van die woestyn, van die Eufraatrivier af, betrek, want hulle vee het vermenigvuldig in die land van Gil’ad.

10. In die dae van Sha’ul het hulle oorlog gevoer teen die Arabiere, die inwoners van Sekah en is oorgegee in hulle hande en hulle het in hulle tente gebly aan die hele oostekant van Gil’ad.

11. Die seuns van Gad het oorkant hulle gebly in die land van Bashan tot by Siva en Salkah.

12. Yo’el was hulle leier en hy het hulle geoordeel en aan hulle goeie Skrifte geleer.

13. Hierdie was die seuns van Avigayil, die seun van Huri, die seun van Yaroag, die seun van Gil’ad, die seun van Mikha’el,

14. die seun van `Avdi’el, die seun van Agi, wat hoofde van die huise van hulle vaders was.

15. Hulle het in Bashan gebly en in sy dorpies.

16. Hulle almal is in die geslagsregister opgeneem in die dae van Y’hotam, koning van Y’hudah en in die dae van Yarov’am, koning van Yisra’el.

17. Die Re’uveniete, Gadiete en die halwe stam van M’nasheh, dapper manne, in staat om swaard en skild te dra en met die boog te skiet, bedrewe in oorlog, was vier en veertig duisend ses honderd, ses en sestig.

18. Hulle het almal uitgegaan en geveg teen die inwoners van Sekah

19. en Sekah is in hulle hand oorgegee, want hulle het tot יהוה gebid in die geveg en Hy het hulle stem gehoor omdat hulle hul vertroue op Hom geplaas het.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 5