Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 5:13-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Hierdie was die seuns van Avigayil, die seun van Huri, die seun van Yaroag, die seun van Gil’ad, die seun van Mikha’el,

14. die seun van `Avdi’el, die seun van Agi, wat hoofde van die huise van hulle vaders was.

15. Hulle het in Bashan gebly en in sy dorpies.

16. Hulle almal is in die geslagsregister opgeneem in die dae van Y’hotam, koning van Y’hudah en in die dae van Yarov’am, koning van Yisra’el.

17. Die Re’uveniete, Gadiete en die halwe stam van M’nasheh, dapper manne, in staat om swaard en skild te dra en met die boog te skiet, bedrewe in oorlog, was vier en veertig duisend ses honderd, ses en sestig.

18. Hulle het almal uitgegaan en geveg teen die inwoners van Sekah

19. en Sekah is in hulle hand oorgegee, want hulle het tot יהוה gebid in die geveg en Hy het hulle stem gehoor omdat hulle hul vertroue op Hom geplaas het.

20. Hulle het ’n oorvloed goedere en beeste weggedra, vyftig duisend kamele, twee honderd en vyftig duisend skape, twee duisend donkies en ’n honderd duisend mense.

21. Baie van hulle wat in tente gebly het, het gesneuwel en hulle wat oorgebly het, het in hulle tente gebly.

22. Die seuns van die halwe stam van M’nasheh het in die land van Bashan gebly tot so ver as die vlakte van berg Hermon en so ver as Har; daar het hulle vermenigvuldig en baie geword.

23. Hierdie was die leiers van die huise van hulle vaders: `Efer, Yish’i, Eli’el, `Azri’el, Yirmeyah, Hodvyah en Yagdi’el,

24. almal magtige, dapper manne, manne van naam, leiers van die huise van hulle vaders

25. en hulle het oortree teen die God van hulle vaders en afgedwaal agter die gode van die volke van die land aan, wat God voor hulle uit vernietig het.

26. Die God van Yisra’el het die gees van Tilgat-Piln’eser, koning van Ashur, aangehits en hy het hulle weggevoer: die stam van Re’uven, die stam van Gad en die halwe stam van M’nasheh en hulle gebring na Halag, Havor, Hara en na die Gozanrivier, stede van Mede. Hulle bly tot vandag toe daar.Eks 6:16-25

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 5