Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 5:10-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. In die dae van Sha’ul het hulle oorlog gevoer teen die Arabiere, die inwoners van Sekah en is oorgegee in hulle hande en hulle het in hulle tente gebly aan die hele oostekant van Gil’ad.

11. Die seuns van Gad het oorkant hulle gebly in die land van Bashan tot by Siva en Salkah.

12. Yo’el was hulle leier en hy het hulle geoordeel en aan hulle goeie Skrifte geleer.

13. Hierdie was die seuns van Avigayil, die seun van Huri, die seun van Yaroag, die seun van Gil’ad, die seun van Mikha’el,

14. die seun van `Avdi’el, die seun van Agi, wat hoofde van die huise van hulle vaders was.

15. Hulle het in Bashan gebly en in sy dorpies.

16. Hulle almal is in die geslagsregister opgeneem in die dae van Y’hotam, koning van Y’hudah en in die dae van Yarov’am, koning van Yisra’el.

17. Die Re’uveniete, Gadiete en die halwe stam van M’nasheh, dapper manne, in staat om swaard en skild te dra en met die boog te skiet, bedrewe in oorlog, was vier en veertig duisend ses honderd, ses en sestig.

18. Hulle het almal uitgegaan en geveg teen die inwoners van Sekah

19. en Sekah is in hulle hand oorgegee, want hulle het tot יהוה gebid in die geveg en Hy het hulle stem gehoor omdat hulle hul vertroue op Hom geplaas het.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 5