Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 28:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Dawid het aan sy seun Shlomo die planne gegee van die stoepe en die mates van die huis en van sy skatkamers en van sy boonste vertrekke, die binneste en buitenste portale, die boonste en onderste portale;

12. asook ’n plan vir die skatkamers en vir die kamers van diens van die huis van יהוה en die kamers van die kokke en die huisknegte en die kamers van hulle wat in beheer is van die lampe;

13. ook van die afdelings van die priesters en die Leviete en vir al die dienswerk in die huis van יהוה en vir al die gereedskappe vir die diens in die huis van יהוה.

14. Hy het goud, volgens die gewig aan goud vir al die voorwerpe van elke diens; silwer vir al die silwer voorwerpe volgens die gewig, vir al die instrumente van elke diens

15. en die plek vir die goue kandelare en vir hulle goue lampe en die pitte daarvan en die ornamente daarvan en die houers met olie daarvan, alles opgeteken en dit vir Shlomo, sy seun, gegee,

16. asook die tafels van silwer en die tafels van goud; borde van silwer en borde van goud;

17. asook groot lepels, vleishake en bakke van silwer. Die goud van hierdie houers kon nie geweeg word nie;

18. vir die wierookaltaar, gelouterde goud volgens gewig; goud vir die voorbeeld van die strydwa van die gérubs, wat hul vlerke uitsprei en die ark van die verbond van יהוה bedek.

19. “Al hierdie dinge,” sê Dawid, “het יהוה my laat verstaan in skrywe met Sy hand op myne, selfs al die werke van hierdie bloudrukplan.”

20. Toe het Dawid aan sy seun Shlomo gesê: “Wees onveranderlik sterk en dapper en doen dit. Moenie bang of mismoedig wees nie, want יהוה-God is by jou. Hy sal jou nie faal of in die steek laat nie totdat jy al die werk vir die diens van die huis van יהוה voltooi het

21. en let op, die afdelings van die priesters en die Leviete: ek het aan hulle die outoriteit gegee oor elke diens in die huis van יהוה en hulle is saam met jou en is in beheer van al die dienswerk en sal die werk met bekwaamheid doen, al die werk wat nodig is vir die huis van יהוה. Let op ek het oor hulle outoriteite en toesighouers aangestel sodat hulle allerhande werk kan soek en doen, wat nodig is.”

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 28